Tuinier dood in swembad gevind

Lees ook :

Foto: KZNVIP Protection Sevices

KWAZULU-NATAL. – Die liggaam van ‘n tuinier is Donderdagoggend gevind waar hy by ‘n huis in die Umhlanga-area in ‘n swembad dryf.

KZNVIP Protection Services en KZNVIP Medics sê hulle het hulle saam met die polisie en ander wetstoepassingsowerhede na die toneel gehaas waar vasgestel is die huishulp en haar man woon op die perseel. Sy het glo die oggend wakker geword en kon nie haar man kry nie.

“Sy het deur die hele eiendom gaan soek en die traumatiese ontdekking gemaak.”

Daar was niks wat paramedici vir die man kon doen nie en hy is dood verklaar.

“Omstandighede wat tot sy dood gelei het, kan nie in hierdie stadium bevestig word nie.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief