Tunisië ontken bewerings dat ‘n boot in flottielje met Greta Thunberg deur hommeltuig aangeval is

Lees ook :

Tunisië ontken bewerings dat 'n boot in flottielje met Greta Thunberg deur hommeltuig aangeval is fotokrediet: X

TUNISIЁ. – Owerhede in Tunisië het bewerings ontken dat een van die bote van die flottielje, met die klimaatsaktivis, Greta Thunberg, deur ’n hommeltuig aangeval is en ‘n brand veroorsaak het. Die flottielje is op pad na Gasa om Israel se blokkade te probeer breek.

Lees ook: Nelson Mandela-kleinseun lid van groep op pad na Gasa om blokkade te breek

Dit volg nadat die organiseerders van die flottielje, Global Sumud Flotilla, beweer het een van hulle bote deur ’n hommeltuig in die hawe van Sidi Bou Said in Tunisië aangeval is. Volgens die organiseerders is die ses passasiers en bemanning veilig.

’n Woordvoerder vir Tunisië se nasionale wag het gesê geen hommeltuig is gesien nie en dat die brand op die boot moontlik deur ’n sigaret veroorsaak is.

Die flottielje is op pad na Gasa met mense van 44 lande om Israel se blokkade te breek en humanitêre hulp af te lewer.

Bronne: BBC, The Independent, Sky News

Lees ook: Nelson Mandela-kleinseun lid van groep op pad na Gasa om blokkade te breek

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief