Twee dood, twee gewond in skietery by restaurant in Durban

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

KWAZULU-NATAL. – Vier mense is Dinsdaggoggend net na 01:00 by ‘n gewilde restaurant in Floridastraat, Durban, geskiet tydens wat vermoedelik ‘n huishoudelike dispuut was. Twee van die slagoffers het hul lewens verloor.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics het bevestig dat hul span vinnig na die toneel gehaas het. “Paramedici het die Metropolisie en sekuriteitspersoneel op die toneel aangetref en is na vier mense gewys wat skietwonde opgedoen het,” het Jamieson gesê.

Jamieson sê drie mans en ‘n vrou het skietwonde opgedoen. Die vrou, vermoedelik in haar 30’s het verskeie skietwonde opgedoen en is dood verklaar.

“Die beweerde verdagte was met veelvuldige skietwonde in ‘n kritieke toestand en is na die hospitaal gehaas waar hy ‘n rukkie later oorlede is.”

Volgens Jamieson is die twee ander mans met skietwonde aan hul bolywe na ‘n nabygeleë hospitaal vir verdere behandeling geneem.

“In hierdie stadium is die gebeure wat tot die skietvoorval gelei het onbekend, maar daar word beweer dit was ‘n huishoudelike dispuut. Die SAPD was teenwoordig en sal verdere ondersoek instel.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief