Twee ervaar hartstilstand tydens botsing en sterf

Lees ook :

Foto's: ALS Paramedics

KWAZULU-NATAL. – Twee mans is Maandag net voor 17:00 dood nadat ’n taxi, twee motors en ’n voetganger in ’n meervoudige ongeluk op die hoek van Chris Hani- en Effinghamweg in Greenwood Park betrokke was. ‘n Voetganger en bestuurder van ‘n voertuig het hartstilstand ervaar en gesterf.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê verskeie ambulansdienste het hulle vir hulp na die toneel gehaas. Die taxi het glo met twee voertuie gebots, waarna een van die voertuie ‘n voetganger gestamp het.

“Paramedici het die voetganger, ’n man in sy dertigs en een van die bestuurders, ’n man in sy veertigs, met kritieke beserings op die toneel aangetref. Albei het hartstilstand ervaar en is op die toneel dood verklaar,” het Jamieson bevestig.

Ongeveer 15 ander insittendes van die voertuie het beserings opgedoen wat van matig tot ernstig gewissel het. Hulle is ná stabilisering na verskeie hospitale in Durban vervoer.

Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend. Die polisie was op die toneel en ondersoek die voorval.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief