Brekende Nuus
Afrikaans

Twee lede van Suid-Afrikaanse weermag dood in Kongo

Dit is onbekend wie vir die aanval verantwoordelik was.

Twee lede van Suid-Afrikaanse weermag dood in Kongo

fotokrediet: Canva
Twee lede van Suid-Afrikaanse weermag dood in Kongo fotokrediet: Canva

Lees ook: Sowat 2 900 SA-weermaglede na DR Kongo gestuur

KONGO. – Twee lede van die Suid-Afrikaanse weermag (SANW) is oorlede en drie is beseer na ‘n aanval op die Suid-Afrikaanse weermagbasis in die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK).

Die weermag het bevestig ‘n mortier het gister een van die kampe getref. Dit is onbekend wie die aanval geloods het.

Minstens 2 900 Suid-Afrikaanse soldate is die week na die Kongo gestuur om te help om die vegtery tussen die Kongolese regering en M23-rebelle te stop.

Bronne: Briefly, IOL, SABC

Lees ook: Israel sê Suid-Afrika help Hamas na nuutste oproep aan IGH