Lees ook: Sowat 2 900 SA-weermaglede na DR Kongo gestuur
KONGO. – Twee lede van die Suid-Afrikaanse weermag (SANW) is oorlede en drie is beseer na ‘n aanval op die Suid-Afrikaanse weermagbasis in die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK).
Die weermag het bevestig ‘n mortier het gister een van die kampe getref. Dit is onbekend wie die aanval geloods het.
Minstens 2 900 Suid-Afrikaanse soldate is die week na die Kongo gestuur om te help om die vegtery tussen die Kongolese regering en M23-rebelle te stop.
Bronne: Briefly, IOL, SABC
Lees ook: Israel sê Suid-Afrika help Hamas na nuutste oproep aan IGH





