KWAZULU-NATAL. – Twee mans se liggame is Vrydagaand by die ingang van die Waterloo-gemeenskapsaal in Pythonstraat, Waterloo ontdek.
Reaction Unit South Africa is deur inwoners ontbied wat verskeie skote gehoor het.
Reaksiebeamptes het omstreeks 22:47 op die liggame met skietwonde by die ingang van die perseel afgekom. Verskeie koeëldoppies en een lewendige rondte is op die toneel gevind.
Die mans is nie geïdentifiseer nie en die motief vir hulle moorde is onbekend.
NuusFlits het vir polisiekommentaar gevra.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.





