Twee mans vir ‘opmerkings’ op vliegtuig in hegtenis

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

WES-KAAP. – Twee mans is Donderdagaand net na 17:30 deur die polisie op Kaapstad Internasionale Lughawe van ‘n FlySafair-vlug verwyder en in hegtenis geneem. Die verdagtes het glo opmerkings van ‘n bedreiging aan boord gemaak.

Brig. Athlenda Mathe sê die verdagtes is op aanklag van oortreding van die burgerlugvaartwet in hegtenis geneem en aangekla. Die kommentaar wat hulle na bewering gemaak het, word geklassifiseer as dade van onwettige inmenging met lugvaartuigbedrywighede. Daar is pas aan boord van die vliegtuig wat van Kaapstad na Johannesburg onderweg was, gegaan, toe die voorval plaasvind.

Na bewering het die verdagtes met hulle kommentaar die voorstel aan ander passasiers gemaak van ‘n bedreiging aan boord wat hulle lewens en die bedrywighede op die vliegtuig in gevaar kan stel.

Kajuitpersoneel is ontbied en noodprosedures is geaktiveer. Die polisie se honde-eenheid, bomtegnici en die spesiale taakmag is ontbied. Taktiese benadering is gebruik en die verdagtes is van die vliegtuig verwyder, waarna die ander passasiers ook ontruim is.

Tydens deursoeking van die vliegtuig is twee optiese teleskope vir gewere gevind. Mathe sê dit word ingevolge die vuurwapenwet nie as gevaarlike wapens of items geklassifiseer nie.

“Die SAPD herinner passasiers en lughawegebruikers daaraan dat dit ‘n oortreding is om ‘n daad van geweld te pleeg, insluitend aanranding of ‘n dreigement, hetsy van ‘n fisiese of verbale aard, teen enige persoon insluitend ‘n bemanningslid wat waarskynlik die veiligheid van daardie vliegtuig in gevaar stel.   Dit is ook ‘n oortreding om inligting wat hy of sy weet vals is aan ander passasiers of vliegtuigbemanning oor te dra. Wanordelike gedrag, om in ‘n toestand van dronkenskap te wees en op ‘n gewelddadige manier op te tree, is ook ‘n kriminele oortreding.”

Lees ook hier.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief