Twee mans, onderskeidelik 31 en 42 jaar oud, is vanoggend vroeg omstreeks 04:00 in die Vrystaat deur die Trompsburg-blitspatrollie op die N1 met sakke vol perlemoen vasgetrek.
Sers. Martin Xuma, polisiewoordvoerder, sê die twee mans is in “besit” van perlemoen gevind.
Na bewering het blitspatrollielede ‘n stop-en-deursoekoperasie uitgevoer toe hulle ‘n wit Toyota Hilux-bakkie met ‘n kappie onderweg na Bloemfontein voorgekeer het.
Tydens deursoeking is 53 swart sakke gevul met perlemoen gevind.
Die twee verdagtes sal na verwagting binnekort in die Trompsburg-landdroshof verskyn.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: