OOS-KAAP. – Die polisie het pas bevestig dat die twee babas gevind is wat Dinsdagaand uit die Dora Nginza-hospitaal ontvoer is. Twee vroulike verdagtes is deur die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) op aanklagte van kinderdiefstal in hegtenis geneem.
Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, sê volgens inligting het ‘n polisiebeampte die hospitaalperseel verlaat en twee vroue, onderskeidelik 25 en 26 jaar oud, met babas opgemerk. Hy het die twee vroue genader en met verdere ondervraging is vasgestel dat dit die twee babas was wat die vorige aand ontvoer is.
Die verdagtes sal in die loop van die week in die New Brighton-landdroshof verskyn.
Lees ook meer hier onder:
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





