Twee persone verbrand, moord ondersoek

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – Thaba Nchu-polisie het ‘n soektog begin nadat twee persone Sondag naby Ragogo-dam aangetref is waar hulle saam met ‘n voertuig aan die brand was.

Lt.kol. Thabo Covane sê ‘n voertuigopsporingsmaatskappy het op koördinate van ‘n alarm, van ‘n sisteem waarmee gepeuter word, gereageer. Met aankoms in ‘n oop veld, omstreeks 09:55, was ‘n Kia 1 Tonner-bakkie in ligte laaie. Met nadere ondersoek is twee brandende liggame op die bakkie gevind.

Hulp is ontbied en die polisie sowel as die brandweer het opgedaag. Die brand is geblus en daar kon gesien word die liggame is met kabelbinders en draad vasgebind. Hulle is dood verklaar. Misdaadtoneeldeskundiges het ‘n 9 mm-doppie op die toneel opgetel.

‘n Moordsaak is geopen.

Enigiemand met inligting word versoek om sers. Mpisane Bucibo by 082 466 7255 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief