VEREENIGING. – Twee polisiebeamptes, onderskeidelik 33 en 39, is in hegtenis geneem vir ontvoering, korrupsie en dwarsboming van die gereg en het gister in die Vereeniging-landdroshof verskyn.
Lees ook: President Cyril Ramaphosa spreek kommer uit oor VSA-tariewe
Die Valke se ondersoekspan vir ernstige korrupsie het op 29 Julie inligting ontvang oor ’n Chinese burger wat deur beamptes van die Sharpeville-SAPD in hegtenis geneem is. R3 000 is glo deur die beamptes van sy familie as losprys vir sy vrylating geëis.
Die Valke het gewag dat die verdagtes die losprys gaan haal, maar het toe inligting ontvang dat ’n werker van die man R1 000 betaal het en dat hy vrygelaat is. Hulle is daarop na die Sharpeville-SAPD waar die verdagtes in hegtenis geneem is nadat hulle nie kon sê hoekom die man in hegtenis geneem is en met geen rekord vrygelaat is nie.
Bronne: SAPD
Lees ook: President Cyril Ramaphosa spreek kommer uit oor VSA-tariewe





