GAUTENG. – Twee mense is dood ná ’n klein vliegtuig Saterdag in die omgewing van Fochville neergestort het.
Sisa Majola, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse lughawensmaatskappy (Acsa), sê aan Nuusflits ’n Piper PA-28-180 vliegtuig, registrasie ZS-ESZ, was op ’n privaat vlug met twee insittendes toe die ongeluk plaasgevind het. Volgens die owerheid het albei insittendes noodlottige beserings opgedoen en is die vliegtuig ernstig beskadig.
’n Ondersoekspan is na die toneel om die omstandighede van die ongeluk te bepaal. Die ondersoek sal fokus op die oorsaak en bydraende faktore en is nie bedoel om skuld of aanspreeklikheid vas te stel nie. ’n Voorlopige verslag sal binne 30 dae bekend gemaak word.
Volgens ‘n plasing op Bird Aviation se Facebook-blad op 22 Junie het dié betrokke vliegtuig pas by sy vloot aangesluit.








