Twee verkeersbeamptes kry borg na korrupsie-aanklag

Lees ook :

Clifford Ngobeni (47) en Manoko Mashaba (51) is elk borgtog van R1500 toegestaan. Foto's: SAPD

MPUMALANGA. – Twee lede van ‘n bestuurslisensie-toetssentrum is Maandag tydens ’n lokval-operasie by die Mkhuhlu-toetssentrum deur die Valke vir beweerde korrupsie in hegtenis geneem.

Clifford Ngobeni (47) en Manoko Mashaba (51) is gister elkeen op R1 500 borg vrygelaat.

Die Nelspruit-gebaseerde ondersoekeenheid vir ernstige korrupsie van die Valke het inligting ontvang dat die twee verdagtes by die toetssentrum na bewering omkoopgeld ontvang.

Die klaer het na bewering haar leerlinglisensie op 8 Januarie by die Mhuhlu-toetssentrum gaan skryf en nie deurgekom nie. Sy is glo deur die vroulike toesighouer genader met die aanbod van hulp vir R1 000 omkoopgeld.

’n Ooreenkoms is aangegaan en die klaer moes op 15 Januarie terugkeer. Die verdagte is in ’n lokval gelei en in hegtenis geneem. Verdere ondersoek het tot die inhegtenisneming van die manlike verdagte gelei. ’n Totaal van R10 600 is by die twee verdagtes gekonfiskeer.

Lede van die publiek wat ook al omkoopgeld by daardie toetssentrum of enige ander toetssentrum betaal het, word versoek om na vore te kom.

Volgens Dineo Lucy Sekgotodi, polisiewoordvoerder, verskyn die verdagtes weer op 26 Januarie 2024 in die hof.

Bronne: SAPD, Twitter

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief