Tweejarige onder 10 wat in ongeluk sterf

Lees ook :

Foto's: SAPD

VRYSTAAT. – ‘n Kleutermeisie (2), ses vroue en drie mans het vanoggend omstreeks 04:20 op die N6 tussen Reddersburg en Smithfield in ‘n ongeluk tussen ‘n bus en vragmotor gesterf. Beide bestuurders het die ongeluk oorleef.

Brig. Motantsi Makhele sê nooddienste was vinnig op die toneel. Vyf passasiers met ernstige beserings is na hospitale in Bloemfontein geneem, terwyl nog 22 by die Stoffel Coetzee-hospitaal in Smithfield behandel word.

Voorlopige aanduidings is dat die bus met 35 insittendes vanaf Reddersburg na Smithfield op pad was en die vragmotor in die teenoorgestelde rigting onderweg was.

‘n Dossier vir strafbare manslag is geopen en die ongeluk word ondersoek.

Motoriste word gemaan om versigtig te wees, aangesien daar steeds nooddienspersoneel op die toneel teenwoordig is.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief