Lees ook: Eben Etzebeth is weer SA Rugby se Speler van die Jaar
KWAZULU-NATAL. – Die uMzinyathi distriksmunisipaliteit sal hernoem word na prins Mangosuthu Buthelezi, die oorlede stigter van die IFP.
Burgemeester Petros Ngubane het gesê die besluit om die munisipaliteit te hernoem is reeds deur die raad aanvaar en die ANC het geen besware gemaak nie. Hy het gesê die munisipaliteit sal uMntwana wakaPhindagngene genoem word in verwysing na Buthelezi.
Ngubane het gesê dit sal goed wees vir toerisme.
Die munisipaliteit dek Dundee, Nquthu, Greytown en Pomeroy.
Bronne: Sunday World, Daily Mirror, TDPel Media
Lees ook: Eben Etzebeth is weer SA Rugby se Speler van die Jaar





