Video-opname in berig. Waarskuwing! Foto’s kan sensitiewe lesers ontstel. BYGEWERK: lees polisieverklaring hier
UPINGTON – ’n Bejaarde Upington-egpaar, onderskeidelik 82 en 72 jaar oud, is Saterdagoggend, in hul huis in Villa Vera, naby die Village Shop, oorval. Hennie Muller is op die toneel dood aangetref, terwyl sy vrou, Debbie, met beserings na ’n hospitaal geneem is.
Volgens voorlopige inligting het die aanval omstreeks 07:00 plaasgevind. Hennie is op die bed aangetref, terwyl Debbie hospitaal toe geneem is. Hulle is na wat verneem word herhaaldelik met ’n mes gesteek. Die aanvallers het glo ook die huis aan die brand gesteek.
Nuusflits het die polisie genader vir kommentaar en wag vir ’n persverklaring. Na wat verneem word, is daar reeds iemand in hegtenis geneem. Dit is ’n ontwikkelende storie.
BYGEWERK: lees polisieverklaring hier onder







