UPINGTON. – ‘n Verdagte man (36) wat na bewering verantwoordelik is vir die aanval op Hennie- en Debbie Muller, onderskeidelik 82 en 72 jaar oud, in Oosterville Saterdagoggend vroeg, is deur polisiebeamptes in hegtenis geneem.
Volgens sers.Omphile Masegela, polisiewoordvoerder, is die die egpaar in hul woning aangeval. Volgens voorlopige inligting het inwoners van die kompleks die woning in vlamme gehul gesien en die egpaar te hulp gesnel. Die 82-jarige man is met veelvuldige steekwonde in sy bed aangetref, terwyl sy vrou met ernstige beserings na die hospitaal geneem is.
Die polisie het leidrade gevolg wat hulle na die verdagte se woning gelei het, waar hy in hegtenis geneem is. Hy was glo in besit van items wat van die egpaar gesteel is. Hy sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.
Masegela bevestig ‘n saak van moord, poging tot moord, inbraak en brandstigting word ondersoek.
Lees ook meer hier:





