OOS-KAAP. – Die Valke het ’n deurbraak gemaak in ’n dekades oue saak wat uit die apartheidsjare dateer. Die sake hou verband met die ontvoering en dood van die aktiviste Sipho Hashe, Qaqawuli Godolozi en Champion Galela, van die Port Elizabeth Black Civic Organisation (PEBCO), wat op 8 Mei 1985 by die destydse Verwoerd-lughawe in Port Elizabeth ontvoer is en nooit weer gesien is nie.
Luidens ‘n verklaring van Valke-woordvoerder, lt.kol. Avele Fumba, dui ondersoeke daarop dat die drie mans onregmatig aangehou en aangerand is voordat hulle doodgemaak is, tydens ’n tydperk van politieke onderdrukking. Die saak is eers in Mei 2021 na die Valke verwys en is sonder volledige ondersteunende dokumentasie ontvang. Ondanks dié beperkinge het die eenheid vir misdaad teen die staat ’n deeglike hersiening en rekonstruksie van die gebeure gedoen. Dit het gelei tot die opening van drie lykskouingsdossiere en die identifisering van twee persone van belang tussen 72 en 87 jaar oud.
Die saak het op 23 Januarie 2026 in die Gqeberha-hooggeregshof voorgekom en is tot 20 Februarie uitgestel. Die Valke beklemtoon dat ernstige misdade nie met verloop van tyd verjaar nie.






Lees die boek“The President’s Keepers”. Then you’ll learn that the Valke, the Scorpions, the SAP Special investigation-units, the National Prosecution Authority, etc, were and are all dancing to the criminal-pres’s tunes.