Van der Merwe-sluipmoord – 3 persone van belang geïdentifiseer

Lees ook :

Foto's: SAPD, QRF Task Team en Timothy Bernard / Independent Newspaper soos geplaas op Suburban Control Centre

GAUTENG. – Drie persone van belang, wat glo gaan help om die saak op te los, is geïdentifiseer in die ondersoek na die sluipmoord op Marius “Vlam van der Merwe. ’n Wit Chevrolet-bakkie wat glo in die sluipmoord gebruik is, is Saterdagoggend in Alexandra opgespoor.

Van der Merwe is Vrydagaand met ‘n AK-47 doodgeskiet toe hy uit sy voertuig voor sy huis in Brakpan geklim het om die hek na sy huis se oprit oop te maak.Video-opnames van die aand van die moord wys hoe ‘n wit bakkie agter Van der Merwe se voertuig intrek net voordat hy sy hek wou oopsluit. Volgens genl. Fannie Masemola, die nasionale polisiekommissaris, is die bakkie na raming kort ná die aanval deur twee mans op ‘n doodloopstraat-grondpad in die township agtergelaat. Die bakkie is tussen informele strukture gevind en daarna deur misdaadtoneelkenners en die polisie se voertuigmisdaadeenheid op die toneel ondersoek voordat dit na die forensiese laboratorium gestuur is.

Masemola het bevestig dat drie persone van belang in die sluipmoord geïdentifiseer is. “Ons is besig om nader na die individue te beweeg. Die ondersoek is nou in ’n baie gevorderde en sensitiewe stadium,” het hy gesê.

Van der Merwe het gedurende November voor die Madlanga-kommissie getuig. Die polisie ondersoek twee verwante sake: die 2022-moord in Duduza waar ‘n man se liggaam in ‘n dam aangetref is, wat deur Opod hanteer word. Asook ‘n saak van poging tot moord wat Van der Merwe in September geopen het, toe hy aangemeld het dat twee mans in ‘n Mahindra-bakkie hom gevolg het.

Genl. Masemola het Maandagaand Van der Merwe se gesin besoek en hulle oor die ondersoek ingelig. Hy het gesê die polisie se ondersoek vorder en is hy is “vol vertroue dat ’n deurbraak binnekort gemaak sal word.” Die vuurwapen wat in die noodlottige aanval gebruik is, is nog nie gevind nie. Die moontlike motief word steeds ondersoek. Hy het bygevoeg dat die nasionale gesamentlike operasionele intelligensietruktuur (Natjoints) saam met die Madlanga-kommissie ’n veiligheidsplan opgestel het om beskerming vir amptenare en getuies wat met die kommissie verbind word, te versterk.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief