Veiligheidswag tydens transitoroof gewond, verdagtes gesoek

Lees ook :

Foto: North-West Unlocked

NOORDWES. – ‘n Veiligheidswag is Maandagaand omstreeks 18:00 tydens ‘n transitoroof op die N4, naby Majakaneng, Mooinooi, in sy buik geskiet.

Kol. Adéle Myburgh sê ‘n mannejag is intussen na die verdagtes geloods. Na bewering is twee veiligheidswagte op die N4 deur verskeie voertuie ingeperk. ‘n Aantal swaar gewapende verdagtes het uit die voertuie gespring en op die kontantwa geskiet, waartydens ‘n veiligheidswag getref is. Die veiligheidswagte is daarna oorrompel en van hulle vuurwapens beroof. ‘n Onbekende bedrag geld is gebuit nadat die kontantwa met springstof opgeblaas is. Die verdagtes het in ‘n Mercedes-Benz, ‘n Toyota Fortuner en ‘n Toyota Hilux van die toneel gevlug. Die gewonde veiligheidswag is vir mediese behandeling na ‘n plaaslike hospitaal geneem.

Myburgh sê alhoewel nog geen arrestasies gemaak is nie, ondersoeik die Valke die insident. Enigiemand met relevante inligting word gevra om na vore te kom.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by nuus@nuusflits.com

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief