Brekende Nuus
Afrikaans

Verdagte (66) in hegtenis vir bestialiteit

Ooggetuies het die voorval by die polisie aangemeld.

Man (66) in hegtenis vir ‘bestialiteit’. Foto ter illustrasie: Canva
Man (66) in hegtenis vir ‘bestialiteit’. Foto ter illustrasie: Canva

HEIDELBERG, WES-KAAP. – ’n Man (66) is Donderdagmiddag op Heidelberg op aanklag van bestialiteit in hegtenis geneem.

Mosselbay Advertiser berig die man het na bewering met sy vriend se hond omgang gehad. Ooggetuies het die voorval by die polisie aangemeld.

Die Swellendamse DBV hou die teef in veilige bewaring. Die verdagte sal vandag in die Heidelberg-landdroshof verskyn.

Nuusflits het navrae oor die beweerde voorval aan die SAPD gerig.

Bronne: Mosselbay Advertiser, Suid-Kaap FORUM