Verdagte doodgeskiet wat glo inwoner met mes dreig

Lees ook :

Verdagte doodgeskiet wat glo inwoner met mes dreig fotokrediet: Facebook

FAIRBREEZE. – ’n Verdagte wat glo ’n inwoner met ’n mes gedreig het, is gistermiddag in Fairbreeze, KZN, doodgeskiet.

Lees ook: Amerikaanse vlootvliegtuig stort neer in baai

Reaksie-eenheid SA (Rusa) is geskakel na die verdagte geskiet is. Hy is in sy regterfemur geskiet en is oorlede aan bloedverlies.

Volgens die inwoners is die verdagte iemand wat skroot bymekaarmaak in die gebied. Hy het glo gister by ’n erf ingebreek en was na bewering besig om te steel toe ’n buurman hom raaksien. Hy het op die vlug geslaan, maar het later teruggekeer om die buurman se bakkie met klippe te gooi.

Die buurman het uitgegaan om hom te konfronteer, toe die verdagte glo ’n mes uithaal en op hom afstorm. Die buurman het hom met sy gelisensieerde vuurwapen in die been geskiet. Die verdagte het probeer weghardloop, maar het ineengestort.

Bronne: Facebook

Lees ook: Amerikaanse vlootvliegtuig stort neer in baai

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief