VSA. – ’n Vliegtuig van die Amerikaanse vloot het Woensdag in die San Diego-baai naby die Naval Air Station North Island neergestort.
Lees ook: Sowat 53 mense dood na bus van brug aftuimel
Die twee vlieëniers van die EA-18G Growler is deur ’n visvangboot uit die water opgepik en is na ‘n hospitaal geneem.
Volgens die visvangmaatskappy H&M Landing het die vliegtuig ’n “meganiese probleem” ervaar en die vlieëniers moes hulle met valskerms uitskiet.
Die vliegtuigwrak is steeds in die water van die baai.
A US Navy jet has crashed off the San Diego coast. Two crew members onboard the plane ejected before the crash and were rescued by a sportfishing boat.#SanDiego pic.twitter.com/xKjAC0MNmw
— Vani Mehrotra (@vani_mehrotra) February 13, 2025
Bronne: Fox News, New York Post, CBS News