Verdagte doodgeskiet wat kontantwa wou beroof, nog een gewond

Lees ook :

Foto: SAPD

MPUMALANGA. – Veiligheidswagte het twee verdagtes wat na bewering Donderdag ‘n transitoroof naby Witrivier wou pleeg, geskiet. Een van die verdagtes het aan sy beserings gesterf, terwyl die ander een onder polisiebewaking mediese behandeling in die hospitaal ontvang.

Volgens brig. Donald Mdhulli dui voorlopige verslae aan ‘n onbekende aantal gewapende verdagtes was om 14:00 by die aanval op ‘n kontantwa in ‘n oënskynlike poging om die wagte te beroof, betrokke. Die verdagtes het tydens ‘n skietery met die veiligheidswagte van die toneel gevlug. Geen geld is volgens die voorlopige ondersoek gebuit nie. Een van die vermeende verdagtes is op die toneel dood verklaar, terwyl ‘n ander een gewond is.

Twee vuurwapens is op die toneel aangetref, waarop die polisie beslag gelê het. Die Ford Ranger-bakkie wat glo deur die verdagtes gebruik is, is later verlate in Swalala naby Masoyi gevind.

Die oorlewende verdagte sal binnekort in die hof verskyn en die ondersoek duur voort.

Genl.maj. Zeph Mkhwanazi, die waarnemende provinsiale polisiekommissaris, het die optrede van POLSEC-lede geprys: “Die vinnige reaksie en professionaliteit wat ons sekuriteitvennote tydens hierdie voorval getoon het, is lofwaardig. Ons verbintenis tot die veiligheid van die gemeenskap bly onwrikbaar, en ons sal aanhou werk om misdadigers voor die hof te bring.”

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief