Verdagte in hof oor hidroponiese daggalaboratorium

Lees ook :

Foto: SAPD

GAUTENG. – Hugh Herbst (39) is Dinsdag gearresteer en het op aanklag van beweerde handel in dagga in die Kempton Park-landdroshof verskyn. Tydens ‘n deursoeking is hy met ‘n hidroponiese dagga-laboratorium in ‘n huis betrap.

Lt.kol. Lloyd Ramovha, woordvoerder vir die Valke, sê die eenheid vir ernstige georganiseerde misdaadondersoeke van die Valke (SOCI), gebaseer aan die Oos-Rand, is na ‘n wenk na ‘n huis in Croydon in die Sebenza-polisiëringsgebied gelei. Herbst het toestemming tot deursoeking van die huis gegee, waarna die hidroponiese laboratorium met ‘n groot hoeveelheid geplante dagga, droë en geprossesseerde dagga, spuitnaalde, skale en plastieksakkies ontdek is.

Ramovha sê Herbst het erken hy het nie ‘n permit om dagga-olie te onttrek of te vervaardig nie en hy is gearresteer. Daar is op bewysstukke ter waarde van meer as R150 000 beslag gelê.

Die saak is vir verdere ondersoek na 5 Maart 2025 uitgestel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief