Brekende Nuus
Afrikaans

Verdagte in tref-en-trap pleeg selfdood

Verdagte in tref-en-trap pleeg selfdood

fotokrediet: Facebook
Verdagte in tref-en-trap pleeg selfdood fotokrediet: Facebook

Lees ook: Bestuurder van gesteelde polisievoertuig vlug na voetganger raakgery is

KZN. – ’n Polisieman wat van die toneel van ’n tref-en-trap-ongeluk gevlug het, het vanoggend selfdood gepleeg.

’n Swart Toyota Fortuner wat glo gesteel is by die Phoenix-SAPD het Vrydag ’n vrou raakgery. Die voertuig is later gevind waar dit agtergelaat is.

Die slagoffer se familie glo die verdagte het gelieg dat sy voertuig gesteel is om te keer dat hy in hegtenis geneem word. Hy het vanoggend glo sy familie gebel en toe sy eie lewe geneem in ’n hotel in Umhlanga.

Die reaksie-eenheid SA (Rusa) het bevestig die polisie was besig om die verdagte te ondersoek vir strafbare manslag.

*As jy sukkel met geestesgesondheidsuitdagings, kontak die Selfdood-krisisnoodnommer by 0800 567 567.

Bronne: Facebook

Lees ook: Bestuurder van gesteelde polisievoertuig vlug na voetganger raakgery is