Verdagte in Trump-sluipmoordpoging in hof

Lees ook :

Verdagte in Trump-sluipmoordpoging in hof
Verdagte in Trump-sluipmoordpoging in hof fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: Verdagte skieter by Trump-gholfbaan glo pro-Oekraïne

VSA. – Die gewapende verdagte wat die naweek in hegtenis geneem is vir ‘n oënskynlike sluipmoordpoging op Donald Trump het gister in die federale hof in West Palm Beach voorgekom.

Ryan Wesley Routh (58) is aangekla op twee vuurwapenklagtes. Hy word aangekla van die besit van ’n vuurwapen terwyl hy ’n misdaadrekord het en die besit van ’n vuurwapen met ’n uitgewiste reeksnommer.

Besit van ’n vuurwapen as ‘n veroordeelde misdadiger kan tot 15 jaar tronkstraf en ’n boete van $250 000 beteken. Vir die besit van ’n vuurwapen met ’n versteekte reeksnommer kan ‘n individu 5 jaar tronkstraf en ’n $250 000 boete opgelê word.

Routh sal weer op 23 September in die hof verskyn.

Bronne: The Independent, New York Times, CNN

Lees ook: Verdagte skieter by Trump-gholfbaan glo pro-Oekraïne

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief