Verdagte met meer as 300 bottels hoesmedisyne betrap

Lees ook :

Foto: SAPD

VRYSTAAT. – David Munashe (42) het Vrydag in die hof verskyn op aanklagte van die besit van vermoedelik gesteelde eiendom en oortreding van die Wet op Medisyne en Gekontroleerde Stowwe.

Lt.kol. Thabo Covane het bevestig dat Botshabelo se misdaadvoorkomingstaakspan Woensdag inligting opgevolg het oor ‘n verdagte wat verdagte sakke gedra het. Die verdagte is omstreeks 19:40 deursoek, waartydens 313 bottels Broncleer-hoesmedisyne ter waarde van R15 650 en 10 bottels Salterpyn-stroop ter waarde van R500 in sy besit gevind is. Albei middels is gekonfiskeer

BronCleer, wat kodeïen bevat, is ‘n hoesstroop wat vir die behandeling van hoes en pynverligting voorgeskryf word. Dit is ‘n beheerde middel waarvan die besit sonder magtiging onwettig is.

Covane bevestig die verdagte is ‘n buitelander, wat nie behoorlike dokumente het om wettiglik in die land te wees nie.

Die saak is tot Vrydag 20 September uitgestel en die verdagte bly in aanhouding.

Foto: SAPD

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App