Verdagte met vermoedelik gesteelde voertuig onderskep

Lees ook :

Foto: SAPD

LIMPOPO. – ‘n Verdagte (44) is Maandagaand met ‘n vermoedelik gesteelde Toyota Fortuner op ‘n pad langs die N1 langs ‘n plaas buite Polokwane onderskep.

Kol. Malesela Ledwaba sê die polisie het inligting van die voertuig wat van Gauteng na Musina onderweg was, ontvang. Inligting is opgevolg, waarna die voertuig opgemerk en voorgekeer is. Die voertuig met die bestuurder as die enigste insittende se oorsprong is ondersoek. Daar is ontdek die voertuig is op 31 Julie in Wierdabrug, Pretoria, as gesteel aangemeld.

Die verdagte is in hegtenis geneem en sal binnekort op aanklag van die besit van ‘n gesteelde voertuig in die Polokwane-landdroshof verskyn.

Ledwaba sê voorlopige ondersoek het aangedui die voertuig was bestem om deur die Beitbrug-grenspos na Zimbabwe gesmokkel te word.

Die ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief