Verdagte ná jaagtog in hegtenis geneem

Lees ook :

Foto: Yusuf Abramjee

GAUTENG. – ’n Verdagte (39) is Donderdag by die London-oprit ná ’n hoëspoedjaagtog met ’n multidissiplinêre wetstoepassingseenheid in hegtenis geneem.

Kol. Katlego Mogale, Valke-woordvoerder, sê in ‘n verklaring ‘n lasbrief is uitgevoer vir ‘n moordsaak, waarvan die moord in November 2024 in Florida gepleeg is. Toe beamptes die verdagte se VW Polo wou aftrek, het dit versnel en ‘n jaagtog het gevolg, waartydens dit met ‘n Mazda en ‘n Hyundai-bakkie gebots het. Vier mense is beseer en na ‘n hospitaal geneem.

Terwyl sommige polisielede op die toneel gebly het, is ander na die verdagte se blyplek, waar ’n onwettige 9 mm-vuurwapen gevind is. Twee voertuie, ’n blou VW en ’n blou Renault, wat onderskeidelik in Germiston en Sandton gesoek word, is ook by die adres aangetref.

Die verdagte, wat met ’n lasbrief opgespoor is, is aan nege ander sake gekoppel, waarvan agt huisrooftogte en ’n moord, wat in verskeie Johannesburgse voorstede gepleeg is. Sy passasier is ook ’n persoon van belang.

Die verdagte sal binnekort in die hof voorkom. Die ondersoek duur voort.

Volgens Yusuf Abramjee, misdaadaktivis, het ‘n kind gedurende een van die huisrooftogte gesterf.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief