LIMPOPO. – ‘n Verdagte (37) is glo op Kersdag op heterdaad betrap toe hy ‘n vrou (30) in Kanana-woonbuurt verkrag het. Die gemeenskap het die reg in eie hande geneem en die verdagte gefoeter. Hy moes deur die polisie gered word.
Brig. Hlulani Mashaba sê die verdagte het glo die vrou met ‘n steen en sy vuiste aangerand, voordat hy haar by ‘n rivier verkrag het. Die slagoffer is deur die vrou se familie en die gemeenskap gered, waarna hulle die verdagte aangeval het.
Die verdagte is onder polisiebewaking na ‘n hospitaal geneem en sal na verwagting vandag in die Tzaneen-landdroshof verskyn.





