NOORD-KAAP. – ‘n Gesoekte verdagte (25) wat glo vir verskeie inbraak- en diefstalsake in Olifantshoek gesoek is, is Donderdag in Kawoeki Land- informele nedersetting naby Eersterust, in Pretoria, gearresteer.
Kol. Cherelle Ehlers sê die provinsie se opsporingspan het na die verdagte gesoek en in Gauteng opgespoor. Die verdagte het hofverskynings en hofbevele ontwyk.
Lt.genl. Koliswa Otola het die span wat die verdagte opgespoor het, geprys.





