Verdagte van onder meer ‘haatspraak’ bly in aanhouding

Lees ook :

Foto: Musa Khawula Facebook-blad

GAUTENG. – Musa Khawula (33), ‘n sosialemediapersoonlikheid, bly in aanhouding nadat hy Dinsdag op aanklag van crimen injuria, kubermisdaad en haatspraak in die hof voorgekom het.

Phindi Mjonondwane, woordvoerder vir die NVG, sê Khawula het na bewering tussen 10 en 12 Oktober 2024 afbrekende plasings van Zee Nxumalo (44) op sy sosialemediaplatforms, met ‘n groot aantal aanhangers, geplaas. Die doel was glo om Nxumalo se waardigheid aan te tas.

Die staat het borg teengestaan weens ‘n hangende moordsaak in die Vrystaat en ‘n uitstaande lasbrief vir inhegtenisneming vir roekelose en of nalatige bestuur. Sers. Mabunda se ondersoek het verder aan die lig gebring die beskuldigde se profiel en fisiese adres moet nog geverifieer word vir die samestelling van ‘n omvattende verklaring vir die borgtogaansoek.

Die saak kom op 21 Januarie vir borg voor, terwyl Khawula in aanhouding bly.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief