Verdagte vir 3-jarige se ‘verkragting’ in hegtenis

Lees ook :

Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ‘n Verdagte is Dinsdagaand in Mawothi vir die beweerde verkragting van ‘n kleuter (3) in hegtenis geneem.

Volgens Reaction Unit South Africa was reaksiebeamptes omstreeks 22:49 by hul woning na die kleuter se familie hulp gevra het.

Na bewering het die verdagte man volgens Rusa die kleuter uit haar gesin se erf ontvoer en in bosse daar naby verkrag. Haar familie het agtergekom sy was nie by die huis nie en het haar kaal in die bosse aangetref.

Die verdagte het glo tydens die soektog na sy huis gevlug en homself binne-in toegesluit waar die gemeenskap gedreig het om die huis met die verdagte, sy ma en broer binne-in af te brand.

Rusa het die man in hegtenis geneem en aan die Mawothi-polisie oorhandig.

FiND iT het polisiekommentaar gevra.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief