MPUMALANGA. – Siphesihle Gumede (26) is op 19 Augustus in hegtenis geneem en het die volgende dag in die Volksrust-distrikshof voorgekom in verband met die dood van Slindile Minky Gule van Volksrust (11).
Lt.kol. Jabu Ndubane, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring Gumede staan op aanklagte van moord, verkragting, aanranding met die doel om ernstige liggaamlike skade aan te rig (GBH) en regsverydeling tereg. Hy word ook aangekla van oortreding van ’n bestaande beskermingsbevel wat deur sy ma verkry is. Die saak is tot 18 September uitgestel.
Lees meer hier onder:





