OOS-KAAP. – ‘n Verdagte (36) is gearresteer na twee seuns tussen 15 tot 17 glo op 9 Januarie in Dimbaza ontvoer is.
Lt.kol. Avele Fumba van die Valke sê die voorlopige ondersoek dui aan vier gewapende verdagtes het een van die seuns met ‘n vuurwapen aangehou en gedwing om ‘n Mahindra se sleutels te oorhandig. Die Mahindra is gebruik om twee seuns te ontvoer. Die voertuig is later verlate in Nakani aangetref.
‘n Operasie deur die Valke het tot die arrestasie van die verdagte in Dimbaza gelei. Hy sal op 16 Januarie in die Dimbaza-landdroshof voorkom. Die ander verdagtes word steeds gesoek.
Enigiemand met relevante inligting word gevra om na vore te kom en so die polisie met hulle ondersoek te help.





