Verdagte vir ‘tereur-finansiering’ in hof

Lees ook :

Foto: NVG

NOORDWES. – Ziyahd Hoorzook (35) het Vrydag op aanklagte van tereurfinansiering in die Lichtenburg-landdroshof verskyn. Die saak is vir ‘n borgverhoor tot 15 Januarie uitgestel.

Sivenathi Gunya, woordvoerder vir die NVG, sê Hoorzook staan tereg op verskeie aanklagte onder die wet op die beskerming van grondwetlike demokrasie teen terroriste en verwante aktiwiteite, wet 33 van 2004 (POCDATARA), en insluitend ses alternatiewe klagtes vir die oortreding van artikel 4(1)(f)(ii) van die wet. Addisionele aanklagte sluit in die oortreding van die wet op die regulering van buitelandse militêre bystand 15 van 1998 en die wet op vuurwapenbeheer 60 van 2000 vir die versuim om vuurwapens op die voorgeskrewe wyse te beveilig.

Gunya sê tydens hofverrigtinge is onthul Hoorzook het na bewering op 30 November 2017 kripto-geldeenheid ter waarde van R11 500 na ‘n Bitcoin-rekening oorgeplaas. Die ondersoek het onthul die transaksie is gekoppel aan buitelandse militêre bystand wat verleen word aan ‘n organisasie wat na bewering by terroriste-aktiwiteite betrokke is.

“Op 03 Oktober 2024 het die polisie sy woning deursoek, waar hulle twee gelisensieerde vuurwapens ontdek het wat nie in ‘n kluis beveilig was soos die wet vereis nie. Hoorzook is daarna op 3 Januarie 2025 gearresteer en is sedertdien in aanhouding.”

Gunya sê voorts dr. Rachel Makhari, die direkteur vir openbare vervolging in die provinsie, het die samewerking tussen die NVG en die Valke, wat tot die beskuldigde se verskyning in die hof gelei het, geprys.

Lees ook hier onder:

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief