LIMPOPO. – ‘n Verdagte (22) is Vrydag vir die beweerde ontvoering en verkragting van ‘n minderjarige meisie (13) in Northam RDP Block 07 in hegtenis geneem.
Brig. Hlulani Mashaba sê die kind se ma het haar Dinsdag omstreeks 19:45 na ‘n Spaza-winkel gestuur. Sy het nie teruggekeer huis toe nie en met ondersoek was die winkel reeds gesluit. Die ma het haar vermiste dogter die volgende dag by die polisie aangemeld.
Sy het Vrydag inligting ontvang oor waar haar dogter in die erf in Block 7 opgemerk was. Die gemeenskap is saam met haar na die adres waar die slagoffer in een van die gehuurde kamers toegesluit was. Volgens die slagoffer het die verdagte haar na bewering gedreig en die kamer inforseer waar hy haar glo verkrag het.
Die polisie is ingelig en die verdagte is by sy werksplek in hegtenis geneem. Hy is vir verkragting en ontvoering aangekla en het Maandag op die klagtes in die Northam-landdroshof verskyn.
Die ondersoek duur voort.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel





