Verdagte weer in hof ná moord op voormalige polisiespeurder

Lees ook :

Foto's: Alaska Runwithwolves en Bevan van Druten Facebook

WES-KAAP. – Bevan van Druten (53) het weer in die Plettenbergbaai-landdroshof voorgekom. Die staat het hom van die moord op Anneke “Nicky” van Heerden (54), ’n voormalige polisiespeurder, aangekla.

Eric Ntabazalila, NVG-woordvoerder, sê in ‘n verklaring die saak is tot 6 Februarie uitgestel sodat die beskuldigde met sy regsverteenwoordiger kan konsulteer vir betoë oor die skedule van die aanklag en vir ’n aansoek deur die staat om Van Druten na die Valkenberg Psigiatriese Hospitaal te verwys.

Van Heerden se liggaam is by Keurboomsrivier gevind.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief