VRYSTAAT. – Twee verdagtes is Sondag gearresteer nadat Thema Motha (58) Vrydag gesterf en sy vrou vasgebind en aangerand is tydens ‘n aanval op die plaas Môrelig, buite Parys.
Sers. Josephine Rani sê die verdagtes sal na verwagting binnekort op aanklagte van huisroof, diefstal van ‘n motorvoertuig en diefstal uit ‘n motorvoertuig, sowel as moord, in die Parys-landdroshof verskyn.
Nuusflits het voorheen berig die egpaar het na bewering geslaap toe hulle oorval is. Thema Motha is brutaal met ’n onbekende voorwerp aangerand en sy vrou is met kabelbinders vasgemaak en ook aangerand, hoewel sy geen sigbare beserings opgedoen het nie. Sy ontvang tans traumaberading.
Die aanvallers het met die gesteelde bakkie en die vrou se selfoon gevlug. Nooddiens- en wetstoepassingsagentskappe is ingeroep nadat die vrou na ’n nabygeleë plaas is om hulp te kry. Die bakkie is later verlate in Tumahole gevind.
Sers. Rani sê die egpaar is omstreeks 00:10 oorval. Die verdagtes het met gesteelde goedere, met ‘n geskatte waarde van R65 000 in die egpaar se Mahindra-bakkie van die toneel gevlug. Die bakkie is later verlate in Tumahole gevind.
Lees meer hier onder:


