Verdagtes aangekeer wat glo man se hande afkap

Lees ook :

Foto: SAPD

MPUMALANGA. – Drie verdagtes, vermoedelik betrokke in die poging tot moord op ‘n man (30) wie se hande op 20 Maart afgekap is, is Woensdagaand in Vosman in hegtenis geneem.

Kol. Donald Mdhluli sê die verdagtes, tussen die ouderdom van 20 en 55 jaar oud, van dieselfde familie, is deur ‘n span van verskeie eenhede wat saamgewerk het in hegtenis geneem. Inligting van die verdagtes is deur die span ontvang en ‘n operasie is geloods. Die span is tydens die operasie na ‘n huis in Vosman waar die verdagtes takties vasgetrek is.

Die slagoffer se hande is soos voorheen berig Maandag in die omgewing van die misdaadtoneel gevind. Die beseerde man is steeds in die hospitaal waar hy aansterk.

Die verdagtes sal op 2 April in die Emalaheni-landdroshof (Witbank) verskyn.

“Well done to the team for the arrest of the three suspects after spending sleepless nights for days. We are adamant that the remaining suspects will soon join in. We trust that justice will be served for the victim, ” sê lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief