KYK: Verdagtes by dwelmlaboratorium in hegtenis

Lees ook :

Foto: Skermskoot video SAPD

GAUTENG. – Soos bo in die video gesien kan word, het die polisie Dinsdag suksesvol op ‘n dwelmlaboratorium op De Deur toegeslaan.

Die polisie het inligting van ‘n verdagte eiendom in De Deur ontvang, waarna ‘n operasie deur die Sedibeng-blitspatrollie en honde-eenheid geloods is. Die eiendom is deursoek en die polisie het op ‘n dwelmlaboratorium, toerusting en materiaal ter waarde van R2.3 m. afgekom.

Al die dwelmvervaardigingstoerusting sowel as Mandrax is gekonfiskeer. Vier verdagtes, tussen 37 en 56 jaar, onder andere die eienaar van die eiendom, is in hegtenis geneem.

Die verdagtes sal binnekort op aanklagte van dwelmbesit, -handel en -vervaardiging verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief