KWAZULU-NATAL. – Die Lamontville-polisie is op soek na drie verdagtes wat Sondagoggend hulle voertuig met sleutels in die aansitter net so gelos en owerhede ontduik het. Buit van ‘n beweerde sakeroof was is in die voertuig gevind.
Kol. Robert Netshiunda sê toe die verdagtes die polisie in Mthiyanerylaan opmerk, het hulle besluit om eerder op die vlug te slaan. Polisiebeamptes was in Msizi Dubestraat op roetinepatrollie toe hulle die minibus sonder registrasieplate opmerk. In ‘n poging om die minibus tot stilstand te bring, het die verdagtes weggery tot waar hulle die voertuig met die sleutel nog in die aansitter, net so gelos het. Klere ter waarde van R130 000 was in die minibus.
Netshiunda sê die klere is glo gedurende Maart tydens ‘n sakeroof gesteel.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





