VRYSTAAT. – ‘n Groep gewapende verdagtes word deur die polisie gesoek, nadat ‘n bejaarde man (68) omstreeks 02:15 op ‘n plaas naby Warden oorval, aangeval, vasgebind en beroof is.
Kapt. Loraine Earle, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring die slagoffer was op pad na Gauteng en is van kontant en vuurwapens beroof. Die verdagtes het daarna met sy wit Mahindra-bakkie gevlug, wat later verlate op die N3 gevind is. Die slagoffer het beserings opgedoen en is medies behandel. Verskeie polisie-eenhede, ook van naburige polisiekantore, insluitend die K9-eenheid en landelike veiligheidskoördineerders, is dadelik ontbied.
Lt.genl. Baile Motswenyane, provinsiale kommissaris, het ’n 72-uur aktiveringsplan geloods om die verdagtes op te spoor en in hegtenis te neem. Enigiemand met relevant inligting kan sers. Kgahliso Lephoto van die ernstige en geweldsmisdaadeenheid by 082 332 3418 te bel.





