Verdagtes van massaskietery aangekeer

Lees ook :

Foto: Yusuf Abramjee en SAPD

GAUTENG. – Twee verdagtes, onderskeidelik 27 en 50 jaar oud, is Maandag deur die polisie op aanklag van ‘n massaskietery wat Saterdag in die Marry Me- informele nedersetting plaasgevind het, gearresteer. Vyf persone is in die skietery gedood en nog sewe is beseer.

Lt.kol. Christopher Singo van die Valke sê inligting is Maandag oor die groep verdagtes in uitbreiding 20, Soshanguve, opgevolg. Met aankoms van verskeie polisie-eenhede is ‘n verdagte gearresteer en ‘n 9 mm-Girsan-handwapen met ammunisie, waarvan die reeksnommer afgevyl is, gekonfiskeer. By ‘n tweede adres in uitbreiding 6 is ‘n tweede verdagte in hegtenis geneem en is op ‘n CZ 9mm-pistool, waarvan die reeksnommer ook afgevyl is, beslag gelê. Die vuurwapens sal ballistiese toetsing ondergaaan om vas te stel of dit moontlik by ander misdade in Gauteng gebruik is.

“Volgens inligting word die verdagtes na bewering met moorde en huisrooftogte wat op 21 Februarie 2025 plaasgevind het, verbind.”

Singo sê beide die verdagtes sal na verwagting Woensdag op aanklagte van moord, poging tot moord en die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie in die Pretoria-Noord-landdroshof voorkom.

Senzo Mchunu, die minister van polisie, en lt.genl. Tommy Mthombeni, die provinsiale kommissaris, het Soshanguve vandag (Dinsdag) besoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief