Verdagtes vir moord vir versekeringsgeld vasgetrek

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – Nege verdagtes is in verband met die moord op Siwaphiwe Bushula (26 ) van Jamani in Daligubha in hegtenis geneem. Bushula is op 28 Desember 2024 deur onbekende mans doodgeskiet.

Brig. Nobuntu Gantana, provinsiale polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring die nege verdagtes is tussen 10 en 13 Junie in Thabong, Wekom, in hegtenis geneem. Die verdagtes is Jackson Bushula (59), Malibongwe Nokweza (40), Thandikhaya Mazule (42 – in aanhouding), Nomvula Manise (48), Nomveliso Nqetho (51), Vuyisile Wiso (45), Lisa Wiso (51), Alex Manise (23) en Asherley Sigwela (34).

Agt van die verdagtes is op 26 Junie in die Libode-landdroshof op borgtog vrygelaat. Die saak is tot 3 Oktober uitgestel. Mazule, vermeende sluipmoordenaar, bly in aanhouding nadat sy saak Donderdag tot 22 Julie vir borgtogaansoek uitgestel is. Bushula, die oorledene se oom, word as die meesterbrein agter die moord beskou. Hy het glo ander verdagtes, saam met wie hy in Welkom woon, gewerf om die oorledene met groot versekeringsbedrae te verseker, met moontlike dubbele uitbetalings weens die aard van die dood. Die ondersoek duur voort om die volle omvang van die komplot bloot te lê.

Genl.maj. Thandiswa Kupiso, die waarnemende provinsiale kommissaris, het die toewyding en deeglike werk van die speurderspan geprys.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief