Verdagtes wat ‘bejaarde aanrand ‘deur polisie doodgeskiet

Lees ook :

Foto's: SAPD

KWAZULU-NATAL. – Drie verdagtes is Vrydagaand tydens ‘n skietery met die polisie in die Doringkop-gebied noodlottig gewond. Daar is vasgestel die verdagtes het glo vroeër ‘n bejaarde in sy huis aangeval en beroof.

Lt.kol. Paul Magwaza sê polisiebeamptes van Mvala Umgodi het twee verdagtes in Esikhaleni gearresteer en twee vuurwapens gekonfiskeer. Na die arrestasie het die polisie inligting van vier verdagtes wat op aanklagte van moord in KwaMsane en Mtubatuba gesoek word, opgevolg.

Die verdagtes het glo in die Doringkop-gebied rondgery toe die polisiebeamptes die verdagte voertuig in Doesburgstraat opgemerk het. Daar is probeer om die voertuig te stop, maar die insittendes het na bewering op die polisie geskiet. Die polisie het teruggeskiet, waartydens drie van die verdagte insittendes nootlottig gewond is. Twee ongelisensieerde vuurwapens is op die toneel gekry. Nog ‘n verdagte het gevlug en is steeds op vrye voet.

Die polisie se ondersoek het aan die lig gebring die verdagtes het na bewering vroeër ‘n huisroof by ‘n bejaarde man se huis gepleeg. Hy is aangerand en van sy vuurwapen beroof. Die polisie het Saterdag kontak met hom gemaak en hy het ‘n saak by die KwaDukuza-polisiestasie oopgemaak. ‘n Ondersoek duur voort om vas te stel of die verdagtes met meer misdade verbind kan word.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief