SUID-AFRIKA. – Verlate plekke is deesdae al hoe meer algemeen. Die Duncanville- openbare swembad was eens ’n kroonjuweel vir die inwoners van Vereeniging. Dié fasiliteit is egter nou in ’n skandelike toestand.
Studente en swemklubs het hierdie fasiliteit gebruik vir opleiding en toernooie. Deesdae is daar onsekerheid oor sedert wanneer en hoe lank die openbare swembad al verlate is.
LEES OOK: Verlate plekke: Bayworld se oseanarium
Verlate plekke – geen instandhouding nie
Die swembad is in die slegte toestand omdat die munisipalitiet dit glo tot gronde laat gaan het en geen instandhouding gedoen het nie.
Duncanville swembad nie meer veilig nie
Hierdie fasiliteit is nie meer veilig om deur inwoners gebruik te word nie, vanweë die risiko van siektes wat deur vuil water oorgedra kan word, asook die veiligheid van die gebied wat veel te wense oorlaat.
Hier ’n foto van hoe die Duncanville-swembad eens gelyk het:

Foto’s van hoe dit nou lyk deur Forgotten in Africa:



































Alle foto’s deur Forgotten in Africa. Forgotten in Africa wys jou die verlate plekke in Afrika wat jy nie normaalweg sou sien of mag besoek nie. Volg hulle gerus op Facebook om meer verlate plekke te sien.
LEES OOK: Gert van Rooyen: slagoffers nooit gevind
Nuusflits het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.