Red die bye in Suid-Afrika

Lees ook :

Bye is na bewering besig om stadig maar seker uit te sterf reg oor die wêreld. Bye word nog nie as ’n bedreigde spesie in Suid-Afrika beskou nie. Daarom moet alles gedoen word om bye te beskerm.

Volgens https://www.sanbi.org/cape/a-plan-to-rescue-south-africas-bees/ is daar verskeie bedreigings vir die omgewing, waaronder klimaatsverandering, siekte en habitatvernietiging, wat die wêreld se bye-spesies bedreig, wat hulle veral kwesbaar vir uitsterwing maak.

Help bye so red

  • Plant soveel moontlik blomme in jou tuin. Dit bied uitstekende bronne van nektar en stuifmeel (beide voedsel vir die bye en skoenlappers). Bye moet ’n uiteenlopende en gereelde voedselvoorraad hê.
  • Koop plaaslik geproduseerde heuning (of rou heuning). Byeboere wat op kleiner skaal boer, behandel hul bye beter.
  • Skep ’n veilige plek vir bye in jou tuin. Bou strukture rondom jou tuin wat bye sal lok en hulle ’n plek kan gee om nes te maak.
  • Sit emmers water in jou tuin. Bye word dors en in die gebied waar ons woon, is daar waterskaarste. As jy ’n gieter of emmer in jou tuin vir hulle neersit, moet jy nie suiker daarby gooi nie.
  • Vermy die gebruik van plaagdoders.

Met almal se samewerking kan ons voorkom dat bye in Suid-Afrika uitsterf.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief