Vermeende moordenaars van adjunk-hoofsweep in hof

Lees ook :

Foto: IVP

GAUTENG. – Twee beskuldigdes het Donderdag in die Palm Ridge-landdroshof in verband met die moord op Khethamabala Sithole, die adjunk-hoofsweep van die IVP, en die poging tot moord op twee ander leiers verskyn. Hul name kan tans nie bekend gemaak word nie omdat dit die polisie se ondersoek kan belemmer.

Phindi Mjonondwane, streekwoordvoerder van die NVG, sê in ‘n verklaring aan Nuusflits die beweerde voorval het op 31 Mei tydens ’n amptelike IVP-geleentheid by ’n koshuis in Katlehong gebeur, toe verskeie skote na Sithole geskiet is. Hy het buite ‘n tent by twee ander IVP-leiers gestaan toe die voorval gebeur het. Die adjunk-hoofsweep is noodlottig gewond en twee ander is beseer. Albei die beskuldigdes bly in aanhouding en staar aanklagte van moord, poging tot moord en die besit van ’n ongemagtigde vuurwapen en ammunisie in die gesig.

Die saak is vir ‘n formele borgtogaansoek tot 12 Junie uitgestel. Ondersoeke duur voort en meer verdagtes kan moontlik aangekla word.

Lees meer hier onder:

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief